Nerine pancratioides is 'n geofiet wat tot die Amaryllidaceae familie hoort. Die spesie is endemies aan KwaZulu-Natal en het 'n voorkomsgebied van 11 200 km². Dit kom van Giant's Castle tot by Greytown en Kokstad voor en is deel van die graslande waar dit in nat gebiede groei. Die plant word bedreig deur oorbeweiding, indringerplante en bosbou bedrywighede.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Nerine Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika