Rachel Marsden (* 2 Desember 1974) is 'n Kanadese konserwatiewe politieke rubriekskrywer, televisiekommentator en universiteitsdosent. Sy woon in Parys. Sy is ook die HUB van Rachel Marsden Associates, 'n openbare betrekkinge- en media konsultasiefirma. Met ingang Maart 2016 is sy die gasheer van 'n Franstalige geopolitiese geselsprogram op Sputnik News vanuit hul Paryse ateljee. Die program word vier keer per week aangebied. Sy lewer gereeld bydrae vir Russia Today, die Russiese televisienetwerk. Met ingang 2020 swem sy ook op nasionale vlak in Frankryk en Kanada in onder andere die 50m, 100m, 200m en 400m kruipslag en 50m borsslag.
In die 2000's was sy 'n rubriekskrywer vir publikasies soos die Toronto Sun en Human Events tydskrifte.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1974 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Kanadese skrywers