Die kusrysbos (Cliffortia longifolia) is 'n struik of klein boompie wat tot die Rosaceae familie hoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom tussen Saldanhabaai en die Gouritsrivier voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 4500 km² en is deel van die strandveld en fynbos-biome. Daar is nege subpopulasies bekend wat bedreig word deur ontwikkeling aan die kus en indringerplante.
Die boom se FSA-nommer is 145.11.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
longifolia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika