Cliffortia anthospermoides is 'n struik wat tot die Rosaceae familie hoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Gansbaai voor. Dit het 'n voorkomsgebied van slegs 50 km² en daar was vier subpopulasies bekend. Een is vernietig deur 'n pad verbreding, twee word bedreig deur ontwikkeling en een is veilig in die privaat natuurreservaat by Grootbos.
Die plant is deel van die fynbos en strandveld-biome.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
anthospermoides Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika