Roman Joerijewitsj Zacharin (Russies: Роман Юрьевич Захарьин; ook bekend as Zacharin-Joerijef en Zacharin-Kosjkin; c. 1500 - 16 Februarie 1543) was 'n Russiese hofamptenaar en krygsheer wat die bekendste daarvoor is dat hy 'n voorsaat van die Romanof-dinastie was.Романовы, Энциклопедический словарь Брокгауза и Ефрона: 1890-1907. Die dinastie is na hom genoem.

Biografie thumb|200px|links|Roman Joerijewitsj se grafsteen in die Nowospasski-klooster in Moskou. Hy was die pa van die bojaar Nikita Romanowitsj en tsarina Anastasia Romanowna,ThePeerage.com: Roman Yurievich Zahar'in die eerste vrou van tsaar Iwan die Verskriklike, en die oupa van patriarg Filaret en Fjodor I van Rusland. Sy pa was Joeri Zacharijewitsj Kosjkin, 'n afstammeling van Andrei Kobila.

Baie min inligting is oor hom beskikbaar.Широкорад А. Б. (Aleksander Sjirokorad): Путь к трону, Poet k tronoe, "Pad na die troon" (AST, 2004). , . Dit is bekend dat hy in die 1530's 'n woiwode was, sy vrou se naam Oeljana Fjodorowna Karpowa was en hy op 16 Februarie 1543 oorlede is.Веселовский С. Б., Исследования по истории класса служилых землевладельцев. p. 153.

Later is ontdek hy was tussen 178 en 183 cm (omtrent 'n outydse ses voet) lank en het Paget se beensiekte gehad. Volgens die historikus Aleksander Sjirokorad kon dit die rede gewees het hoekom hy die diens as woiwode in 1535 verlaat het.

Roman Joerijewitsj was getroud (volgens sommige bronne twee keer). Die naam van sy eerste vrou is onbekend, of sy het nie bestaan nie. Die ma van Anastasia, die toekomstige tsarina, was Oeljana Fjodorowna Karpowa. Of sy die ma van al vyf sy kinders was, is onduidelik. Volgens sommige bronne was sy net die ma van Anastasia, die jongste.Petrof P.N. Geskiedenis van die geslagte van die Russiese adel, p. 24.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Huis van Romanof