CEERS-93316 is 'n kandidaat vir 'n sterrestelsel met 'n groot rooiverskuiwing; dit word geraam op sowat z = 16,7, wat ooreenstem met 235,8 miljoen jaar ná die Oerknal. KEMP Cosmology Calculator - Set H0=67.4 and OmegaM=0.315 (see Table/Planck2018 at "Parameters") As dit bevestig word, sal dit een van die vroegste en verste sterrestelsels wees wat sover bekend waargeneem is.
CEERS-93316 sal 'n ligreisafstand (terugkyktyd) van 13,5512 miljard jaar hê en, vanweë die uitdying van die heelal, 'n huidige eiebeweging van 34,684 miljard ligjare.
Ontdekking Die sterrestelsel (met regte klimming 14:19:39.48 en deklinasie +52:56:34.92) is in die sterrebeeld Veewagter, en is in Julie 2022 deur die CEERS-beeldwaarnemingsprogram ontdek met behulp van die nabyinfrarooikamera van die James Webb-ruimteteleskoop (JWRT). CEERS staan vir "Cosmic Evolution Early Release Science Survey" en is 'n diep-en-wyeveldruimteopnameprogram spesifiek vir JWRT-beeldstudies. Dit is deur die CEERS Collaboration ontwerp.
Volgens die sterrekundige dr. Rebecca Bowler, 'n medeskrywer van die ontdekkingstudie, is die vonds van 'n kandidaatsterrestelsel met z = 16,7 'n "wonderlike gevoel – ons het dit nie uit die vroeë data verwag nie ... Ná die Oerknal het die heelal 'n tydperk binnegegaan wat as die "donker eeue" bekend staan, 'n tyd voordat daar enige sterre was ... Die resultate van [CEERS-93316] voer waarnemings terug na 'n tyd toe ons dink die heel eerste sterrestelsels wat bestaan het, gevorm is. Ons het reeds meer sterrestelsels in die baie vroeë heelal ontdek as wat rekenaarsimulasies voorspel het; daar is dus duidelik 'n klomp vrae oor hoe en wanneer die eerste sterre en sterrestelsels gevorm het.”
Die hipotese onder sterrekundiges is dat die eerste sterre sowat 100 miljoen jaar ná die Oerknal uit wolke ineenstortende gas ontstaan het en meestal ligte elemente bevat het, soos waterstof en helium. Later het hierdie oersterre in supernovas ontplof om swaarder elemente te vorm, soos suurstof, lood en goud.
Opvolg Net 'n fotometriese rooiverskuiwing is vir CEERS-93316 bepaal; spektroskopiese opvolgmetings sal nodig wees om die rooiverskuwing te bevestig. Met spektroskopie sal ook die chemiese samestelling, grootte en temperatuur van die stelsel vasgestel kan word.
thumb|center|800px|Die moontlik vroegste sterrestelsel, met z=16,7, en die logaritmiese skaal van die heelal.
Verwysings
Skakels CEERS-webtuiste FOTO: CEERS-93316 (1 Augustus 2022)
Kategorie:Sterrestelsels Kategorie:James Webb-ruimteteleskoop Kategorie:Veewagter (sterrebeeld)