Drosanthemum quadratum is 'n vetplant in die vygiefamilie wat endemies aan Suid-Afrika is en in die Wes-Kaap voorkom. Dit kom in die Bredasdorpdistrik, noord van die De Hoop-natuurreservaat voor. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 500 km² en daar is vier subpopulasies wat reeds habitat aan koringverbouing en oorbeweiding afgestaan het. Die bedreigings bestaan steeds. Die spesie is deel van die Renosterveld- en fynbos-biome.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

quadratum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika