Drosanthemum edwardsiae is 'n vetplant in die vygiefamilie wat endemies aan Suid-Afrika is en in die Wes-Kaap by Klein-Brakrivier en Mosselbaai voorkom. Die plant is geïdentifiseer aan die hand van drie monsters wat verkry is in 1938. Dit is deel van die fynbos-bioom. Die plant se habitat is grootliks oorgeneem deur landbou aktiwiteite en die spesie word vermoedelik bedreig.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
edwardsiae Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika