Robert I van Meaux (gebore omstreeks 907; sterf 967/8) was Graaf van onderskeidelik Meaux en Troyes en die seun van Herbert II van Vermandois en sy vrou Adelheid van Frankryk, dogter van Robert I van Frankryk.Detlev Schwennicke, Europäische Stammtafeln: Stammtafeln zur Geschichte der Europäischen Staaten, Neue Folge, Band III Teilband 1 (Marburg, Duitsland: J. A. Stargardt, 1984), Tafel 49.The Annals of Flodoard of Reims, 919–966, reds. Steven Fanning; Bernard S. Bachrach (Toronto: University of Toronto Press Inc., 2011), p. 21 n. 77
Robert I het sy vader in onderskeidelik 943 en 956 opgevolg as Graaf van Meaux en van Troyes. Robert I se seun Heribert III van Meaux het hom by sy afsterwe in 967 opgevolg as Graaf van Troyes en Meaux.
Robert I was getroud met Adelheid (914–967) van Boergondië, dogter van Giselbert. Hulle het twee kinders gehad:
Heribert III van Meaux (omstreeks 935 - 995) Adelheid van Meaux (omstreeks 935 - omstreeks 982)Volgens Bachrach in sy Fulk Nerra, the Neo-Roman Consul, bladsye 9, 273, was Adelheid se vader Herbert II van Vermandois.
Na Robert I se afsterwe is Adelheid getroud met Lambert I van Chalon.
Notas
Verwysings
Kategorie:Geboortes in die 900's Kategorie:Sterftes in die 960's