Lotarius (; Latyn: Lothārius; 941 – 2 Maart 986), ook bekend as Lotarius II,Ná die keiser Lotarius I. IIIMet inbegrip van Lotarius II van Lotaringië, wat geheers het oor vandag se hedendaagse Lotaringe en België. of IV,Met inbegrip van Lotarius II van Italië. was die voorlaaste Karolingiese Koning van Wes-Frankië. Hy het van 10 September 954 tot sy dood in 986 geheers.

Kroonbestyging

duimnael|regs|Die gebiede waaroor die Karolingers geheers het (in geel) het teen die 10de eeu maar 'n geringe deel uitgemaak van Wes-Frankië Lotarius is aan die einde van 941 in Laon gebore. Hy was die oudste seun van Koning Lodewyk IV van Frankryk en Gerberga van Sakse.Detlev Schwennicke, Europäische Stammtafeln: Stammtafeln zur Geschichte der Europäischen Staaten, Neue Folge, Band II (Marburg, Duitsland: J. A. Stargardt, 1984), Tafel 1 Hy het sy vader op 10 September 954 as 13-jarige opgevolg en is op 12 November 954 deur Artald van Reims, Aartsbiskop van Reims, gekroon by die Abdy van Saint-Remi.The Annals of Flodoard of Reims, 916–966, redakteure en vertalers, Steven Fanning: Bernard S. Bachrach (New York; Ontario, Can: University of Toronto Press, 2011), p. 60 Lotarius is tydens die siekte van sy vader in 951 reeds geruime tyd vir die koningskap voorberei, soos die gebruik was sedert die stigting van die Koninkryk van die Franke deur die Merowingiese Dinastie.Sassier 1995, p. 136.

Koningin Gerberga het 'n ooreenkoms aangegaan met haar swaer Hugo die Grote, wat 'n teenstander was van Lotarius se vader.Na die dood van sy tweede vrou (Eadhild) aan die begin van 937 het Hugo vir die tweede keer tussen 9 Mei en 14 September van dieselfde jaar in die huwelik getree met Hedwig van Sakse, Gerberga se jonger suster. Die huwelik het uiteindelik die langverwagte erfgename voortgebring naamlik, drie seuns (Hugo Capet, Otto, en Eudes-Hendrik) en twee dogters (Beatrix en Emma).The Annals of Flodoard of Reims, 916–966, redakteure en vertalers, Steven Fanning: Bernard S. Bachrach (New York; Ontario, Can: University of Toronto Press, 2011), p. xix In ruil vir Hugo se ondersteuning van Lotarius se bewind is hy as regent aangestel oor die hertogdom Akwitanië en oor 'n groot deel van die Koninkryk van Boergondië. Volume III, Table of Contents Lotarius het 'n gefragmenteerde koninkryk geërf; magnate het byvoorbeeld grond, regte en posisies bekom sonder inagneming van die koning se gesag.George Holmes, The Oxford Illustrated History of Medieval Europe (Oxford; New York: Oxford University Press, 1988), p. 163 Magnate soos Hugo die Grote en Herbert II van Vermandois was altyd 'n bedreiging.

In 955 het Lotarius en Hugo die Grote saam vir Poitiers beset. Met Hugo die Grote se dood in 956 het Lotarius, wat slegs vyftien jaar oud was, onder die beskerming gekom van sy oom aan moederskant, Bruno die Grote, broer van die koning van die Oos-Frankiese Ryk, Otto die Grote. Met Bruno se advies het Lotarius as bemiddelaar opgetree tussen Hugo se seuns – Hugo Capet en Otto. Die Koning het Parys en die titel dux francorum (Hertog van die Franke) gegee aan Hugo Capet. In 956 het hy die Hertogdom van Boergondië aan Otto toegewys.

Verslegtende verhoudinge met die Heilige Romeinse Ryk

duimnael|regs|Richard II van Normandië (regs), met die Ab van Mont Saint-Michel (middel) en Lotarius (links). Aartsbiskop Bruno van Keulen se voogdyskap het tot 965 voortgegaan en Lotarius georiënteer tot 'n beleid van onderdanigheid teenoor Oos-Frankië, wat besig was om te ontwikkel in die Duitse Heilige Romeinse Ryk. Ten spyte van sy jeugdigheid wou Lotarius alleen heers en sy gesag herbevestig oor sy vasale. Die begeerte om politiese onafhanklikheid te bereik het tot verslegtende verhoudinge tussen die koning en sy familie aan moederskant gelei en 'n stryd ontketen met die nuwe Heilige Romeinse Ryk. Ten spyte hiervan wou Lotarius verhoudinge met Keiser Otto I behou deur aan die begin van 966 te trou met Prinses Emma van Italië (die enigste dogter van Keiserin Adelheid van Boergondië – die tweede vrou van Otto I, uit haar huwelik met Koning Lotarius II, 'n lid van die Bosoniede-dinastie).Jim Bradbury, The Capetians: Kings of France, 987–1328, (Londen: Hambledon Continuum, 2007), p. 42

In 962 sterf Boudewyn III van Vlaandere, die seun, mede-heerser en erfgenaam van Arnulf I van Vlaandere, waarop Arnulf Vlaandere aan Lotarius bemaak het. By Arnulf se dood in 965 het Lotarius Vlaandere binnegeval en verskeie stede beset; hy is egter uiteindelik teruggedryf deur ondersteuners van Arnulf II van Vlaandere. Lotarius het tydelik in beheer gebly van Arras en Douai.Pierre Riché, The Carolingians; A Family Who Forged Europe, vertaler, Michael Idomir Allen (Philadelphia: University of Pennsylvania Press, 1993), pp. 264–65 Lotarius het gepoog om sy invloed in Lotaringe uit te brei. Dié kortstondige koninkryk van die Karolingiese Ryk het voorheen aan sy familie behoort. Op sy beurt het Keiser Otto I weerstand teen Lotarius se toenaderings aangemoedig.Jim Bradbury, The Capetians: Kings of France, 987–1328 (Londen: Hambledon Continuum, 2007), p. 43

In 976 het die broers Reinier van Mons en Lambert I van Leuven, kort nadat hulle deur Keiser Otto II van die Heilige Romeinse Ryk ontneem is van hul erfenis aan vaderskant, 'n bondgenootskap aangegaan met Karel van Benede-Lotaringe (Koning Lotarius se jonger broer) en Otto van Vermandois. Hulle het met 'n leër opgeruk teen die Rykssoldate. 'n Groot geveg in Mons het hierop gevolg; dit was egter onbeslis.Jean Le Mayeur: La gloire belgique: poème national en dix chants... aanlyn, Valinthout and Vandenzande, 1830, p. 304.Lecouteux 2004, p. 11. Alhoewel Lotarius in die geheim die oorlog aangemoedig het, het hy nie tussenbeide getree om sy broer te help nie.

Karel het die situasie uitgebyt en hom in Lotaringe gevestig.Sassier 1995, p. 161. Sy doel was om die harmonie tussen Lotarius en die Huis Ardenne, wat lojaal was teenoor Keiser Otto I en 'n groot invloed in Lotaringe uitgeoefen het, te verbeek. Beide die kanselier-biskop, Adalbero van Reims en sy naamgenoot Biskop Adalbero van Laon, het tot die dinastie behoort.

In 977 het Karel vir koningin Emma, vrou van Lotarius I, van owerspel met Biskop Adalbero van Laon aangekla. Die Sinode van Sainte-Macre, onder leiding van aartsbiskop Adalbero van Reims, het in Fismes plaasgevind om die aangeleentheid te bespreek. Weens 'n gebrek aan bewysmateriaal is beide die koningin en die biskop vrygespreek, maar Karel, wat volstaan het met die gerugte, is deur Lotarius uit die koninkryk verban. Die Huis van Ardenne en Lotaringe, wat ten gunste was van 'n ooreenkoms met Otto II, het as onoorwinlik voorgekom aan die hof van Lotarius.

Otto II het egter die foute begaan om die graafskap Henegouwe aan Reginar IV en Lambert I te laat toekom, en om Karel aan te stel as hertog van Neder-Lotaringe, 'n streek wat ooreenstem met die noordelike helfte van Lotaringe, en wat sedert die laat 950's apart was van Bo-Lotaringe. Om Karel te beloon, wat die eer van die vrou van die koning van die Franke bevraagteken het, was 'n manier om die koning self aanstoot te gee.Sassier 1995, p. 162.

Oorlog met die Helige Romeinse Ryk

In Augustus 978 het Lotarius 'n ekspedisie na Lotaringe onderneem. Hy is vergesel van Hugo Capet, en met hul oorsteek van die Meuserivier het hul Aken ingeneem, maar hulle kon nie daarin slaag om Otto II of Karel gevange te neem nie. Lotarius het hierna die keiserlike Paleis van Aken vir drie dae geplunder en Karel die Grote se bronsarend omgedraai om oos in plaas van wes te kyk.Richer van Reims het dié daad soos volg opgesom: "Die bronsarend, wat Karel die Grote bo-op die paleis geplaas het, is teruggedraai na die Ooste. Die Duitsers het dit na die Weste gedraai om te simboliseer dat hul kavalerie die Franse kon klop wanneer hulle wou..." Sien: Richer of Saint-Rémy , Histoire de France, (888–995), red. R. Latouche (Parys: Les Belles Lettres 1964), p. 89.Sassier 1995, p. 163.

Uit weerwraak het Otto II, vergesel van Karel, Wes-Frankië in Oktober 978 binnegeval en Reims, Soissons (waar hy by die Abdy van St. Medard, Soissons gestop het) en Laon verwoes.Pierre Riché, The Carolingians; A Family Who Forged Europe, vertaler Michael Idomir Allen (Philadelphia: University of Pennsylvania Press, 1993), pp. 276–77 Lotarius kon die keiserlike magte ontglip, maar Karel is in Laon deur Biskop Diederik I van Metz, 'n familielid van Keiser Otto I, tot koning van die Franke uitgeroep.Thérèse Charmasson, Anne-Marie Lelorrain, Martine Sonnet: Chronologie de l'histoire de France, 1994, p. 90 aanlyn. Die keiserlike leër het tot by Parys gevorder, waar hulle teen Hugo Capet se leër te staan gekom het. Op 30 November 978 het Otto II en Karel, wat nie daarin kon slaag om Parys te beset nie, hul beleg van die stad opgehef en teruggedraai. Die Frankiese koninklike leër onder leiding van Lotarius het hulle agternagesit en verslaan terwyl hulle die Aisnerivier oorgesteek het, en deurdat hy Laon kon ontset, het hy Otto II gedwing om te vlug en skuiling in Aken te soek by Karel, die marionettekoning wat Otto II op Wes-Frankië wou afdwing.

In Wes-Frankië het die wanordelike terugtog van keiser Otto II 'n aansienlike impak gehad. Dit is lank daarna as 'n reuse oorwinning vir Lotarius beskou.Sassier 1995, p. 165. Die Kronieke van Sens, wat in 1015 geskryf is, gee 'n epiese beskrywing: Lotarius is verhef tot 'n krygskoning wat die Duitse keiser tot in die hartjie van Lotaringe agtervolg het en op die oewer van die Argonne 'n groot menigte vyande verslaan het, waarna hy in glorie teruggekeer het na die Koninkryk van die Franke. Die kroniekskrywer sê: "Keiser Otto het, agterna gesit deur dié van sy magte wat wel kon ontsnap, in die grootste verwarring na sy land teruggekeer, waarna nie hy of sy leër ooit weer na Frankryk teruggekeer het nie". Dokumente uit die tyd berig eweneens oor die gebeurtenis in triomfantlike terme. 'n Diploma van die Abdy van Marmoutier naby Tours wat geskryf is na die aftrede van Otto II en tydens die bewind "van die groot Koning Lotarius, in sy ses-en-twintigste jaar (van sy heerskappy; hoewel skynbaar foutief), waarin hy die Saksers aangeval en die keiser gedwing het om te ontsnap", spreek boekdele. Hierdie terugblikke word deur sommige geskiedkundiges soos Karl Ferdinand Werner beskou as een van die eerste uitdrukkings van nasionale gevoel.

Versoening met die Heilige Romeinse Ryk

Die eenheid van Wes-Franke teen Otto II het tot gevolg gehad dat die dinastie van die Robertyne 'n prominente plek gekry het in die persoon van Hugo Capet, wie se tydgenote getuig het dat hy koning Lotarius getrou gedien het.Sassier 1995, pp. 164–165. Die stryd met die keiser het Hugo Capet se mag versterk, soos blyk uit sy verowering in 980 van Montreuil-sur-Mer van Arnulf II van Vlaandere.

Lotarius wou die ambisies van sy verbanne broer Karel verydel, en het besluit om in sy vader se voetspore te volg ten einde sy eie seun se opvolging te verseker. Op 8 Junie 979 is Prins Lodewyk gekroon as mede-heerser of junior koning (iunior rex)Soos wat die oorgang van die stelsel van verkose konings na dié van erflike konings plaasgevind het, het vaders onderneem om hul opvolgers voor hul dood te kroon. As vroeëre voorbeeld kan Karel die Grote se kroning van sy seuns vermeld word, en as latere voorbeeld Hugo Capet se kroning van sy seun Robert. Sien in die algemeen Carlrichard Brülh: Naissance de deux peuples, Français et Allemands (10th–11th siècle), Fayard, Augustus 1996, p. 247. – alhoewel hy nie werklik die mag bekom het nie tot Lotarius se afsterwe in 986. Dit was die tweede keer dat hierdie nuwe praktyk toegepas is in die koninkryk van Wes-Frankië, en die praktyk is later aangeneem deur die Dinastie van die Capetingers.