Die Wawielsterrestelsel (ook bekend as ESO 350-40 of PGC 2248) is 'n ring- en lensvormige sterrestelsel sowat 500 miljoen ligjare van die Son af in die sterrebeeld Beeldhouer. Dit het 'n deursnee van omtrent 144 300 ligjare en 'n massa van sowat sonmassas. Sy buitenste ring het 'n sirkulêre snelheid van omtrent . Die stelsel het waarskynlik uit 'n botsing ontstaan.

Die stelsel is in 1941 deur Fritz Zwicky ontdek. Volgens hom is dit "een van die ingewikkeldste strukture van sterdinamika".

Die Wawiel is effens kleiner as die Andromeda-sterrestelsel. Die groot Wawiel is die oorheersende stelsel in die groep, wat uit vier fisies gebonde spiraalsterrestelsels bestaan. Die drie ander stelsels word in verskeie studies genoem G1 (die kleiner, onreëlmatige blou spiraal), G2 (die kompakte geel stelsel met 'n getystert) en G3 ('n spiraalstelsel verder weg wat dikwels op wyeveldfoto's gesien word.

'n Tipe 2-supernova in die Wawielsterrestelsel is in November 2021 ontdek.

Strukture Die struktuur van die Wawielsterrestelsel is uiters ingewikkeld en verwronge. Dit bestaan uit twee ringe: die buitenste ring, waar groot stervorming plaasvind vanweë die samepersing van stof en gas, en die binneste kernsirkel, wat die middel van die stelsel omring. 'n Ring donker, absorberende stof is ook in die kernring teenwoordig. Verskeie optiese arms, of "speke", verbind die twee ringe en is vermoedelik spiraalarms wat weer gevorm het ná die botsing. In waarnemings is beide nietermiese en optiese speke te sien, maar die twee soorte oorvleuel nie en lyk of hulle onverbonde is.

Evolusie Die sterrestelsel was eens 'n gewone spiraalstelsel voordat dit, sowat 200-300 miljoen jaar voor die stelsel soos vandag gelyk het, oënskynlik in 'n "kolskoot”-tipe botsing teen 'n kleiner stelsel betrokke was. Toe die nabygeleë sterrestelsel deur die Wawiel beweeg, het die krag van die botsing 'n kragtige gravitasieskokgolf deur die stelsel veroorsaak, soos 'n klip wat in 'n sandbedding gegooi word. Die skokgolf het teen 'n hoë spoed beweeg en gas en stof saamgepers, en dit het 'n steruitbarsting om die sterrestelsel se kern gevorm. Dit verduidelik die blouerige ring in die middel.

Die sterrestelsel neem nou weer die vorm van 'n normale spiraalsterrestelsel aan, met arms wat van 'n sentrale kern af uitsprei. Dié arms word dikwels die Wawiel se "speke" genoem.

Hoewel drie sterrestelsels op die meeste foto's van die Wawiel gesien kan word, is 'n vierde fisies gebonde metgesel (bekend as G3) op sommige foto's te sien. Daar word algemeen geglo dat G3 die "koeël" is wat deur die skyf van die Wawiel getrek en sy huidige vorm veroorsaak het, eerder as G1 of G2. Dit maak sin as die stelsel se ouderdom van sowat 300 miljoen jaar in ag geneem word. As gekyk word na hoe naby G1 en G2 nog is, is dit maklik om te glo dat G3, wat sowat 287 000 ligjare van die Wawiel is, die botsende sterrestelsel was.

Verwysings

Skakels Galaxy Evolution Simulation: The Cartwheel Galaxy Cartwheel Galaxy at Constellation Guide Webb Captures Stellar Gymnastics in The Cartwheel Galaxy nasa.gov

Kategorie:Lensvormige sterrestelsels Kategorie:Spiraalsterrestelsels