Ruschia bipapillata is 'n vetplant uit die vygiefamilie en is endemies in Suid-Afrika. Dit kom in die Wes-Kaap van Koekenaap tot Klawer voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 2781 km² en daar is minder as tien subpopulasies. Dit is deel van die Weskus-strandveld asook fynbos. Die spesie het habitat afgestaan in die Olifantsriviervallei aan gewasverbouing en die bedreiging bestaan steeds. By die Matsikamma- en Gifberge word die plant bedreig deur oorbeweiding en by Koekenaap deur mynbou aktiwiteite.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

bipapillata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika