Ruschia maxima is 'n vetplant uit die vygiefamilie en is endemies in Suid-Afrika. Dit kom in die Wes-Kaap voor vanaf die kus tot by Clanwilliam en die Bobbejaansberge op hoogtes van 300-800 m, die meeste op die noordelike hange. Die spesie is die grootste van die genus. Die plant blom meestal van September tot November en dra pers blomme.
Galery
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online PlantZAfrica
maxima Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika