Ruschia glauca is 'n vetplant uit die vygiefamilie van Suid-Afrika en is endemies in Suid-Afrika. Dit kom in die Noord-Kaap in die noordelike Richtersveld voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 971 km² en word bedreig deur oorbeweiding veral by Kuboes en Sendelingsdrif. Mynbou aktiwiteite langs die Oranjerivier is ook 'n bedreiging.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

glauca Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika