Ruschia incurvata is 'n vetplant uit die vygiefamilie en is endemies in Suid-Afrika. Dit kom in die Wes-Kaap vanaf die Gifberg tot by Graafwater voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 1 884 km² en is deel van die fynbos. Daar is ses subpopulasies bekend; die plant het habitat afgestaan aan die verbouing van rooibos tee en aartappels. Die bedreiging bestaan steeds.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
incurvata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika