Ruschia geminiflora is 'n vetplant uit die vygiefamilie en is endemies in Suid-Afrika. Dit kom in die Wes-Kaap vanaf die Kaapse Skiereiland tot by Kalbaskraal voor waar dit deel van die fynbos en renosterveld biome is. Dit het 'n voorkomsgebied van 13 400 km² en daar is vyftien gefragmenteerde subpopulasies oor nadat daar reeds 80% van die plant se habitat verlore gegaan het aan gewasverbouing, kus-en-stedelike ontwikkeling en indringerplante. Die verlies is steeds aan die gang,
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
geminiflora Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika