Ruschia schollii is 'n vetplant uit die vygiefamilie wat endemies aan die Wes-Kaap is en kom van Malmesbury tot by Caledon voor waar dit deel van die fynbos en renosterveld is. Dit het 'n voorkomsgebied van 4794 km² en daar is slegs tien gefragmenteerde subpopulasies oor nadat die spesie 80% van sy habitat afgestaan het aan gewasverbouing. Ontwikkeling by Durbanville, Kuilsrivier, Stellenbosch en Somerset-Wes het ook bygedra tot die verlore habitat en is steeds 'n bedreiging. Indringerplante word ook 'n bedreiging.
Galery
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
schollii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika