Hugo die Swarte (oorlede 952) was van 923 tot sy afsterwe in 952 die Hertog van Boergondië. Hy was deur sy vader, wat die jonger broer was van Boso van Provence, deel van die Dinastie van die Bosonides.
Hugo was die seun van Richard van Autun en Adelheid van Auxerre (gebore in omstreeks 849). Hy het sy ouer broer, Roedolf van Frankryk, as hertog van Boergondië opgevolg, toe Roedolf in 923 verkies is as Koning van Wes-Frankië.
Dit is moontlik dat Hugo na Roedolf se dood in 936 ambisies gekoester het om die troon te bestyg, toe hy geweier het om Lodewyk IV as koning van Wes-Frankië te erken. Gevolglik het Lodewyk IV vir Hugo die Grote gestuur wat Auxerre en Sens verower het.Jean Dunbabin, France in the making: 843-1180, (Oxford University Press, 2000), 65. Die hertogdom van Boergondië is verdeel tussen Hugo die Grote en Hugo die Swarte.
Dit is onbekend of Hugo getroud was. Hy het waarskynlik sonder kinders gesterf, aangesien hy opgevolg is Constance B. Bourchard, Those of my Blood: Constructing Noble Families in Medieval Francia, (University of Pennsylvania Press, 2001), 146-147. deur Giselbert van Châlon, wat die de facto heerser van Boergondië geword het (hy was nie de jure hertog nie).
Sien ook Hertog van Boergondië
Verwysings
Kategorie:Boergondië Kategorie:Sterftes in 952