Connecticut (Engels: State of Connecticut, afgekort CT) is 'n deelstaat in die Nieu-Engeland-streek van die Verenigde State van Amerika.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Die hoofstad is Hartford en die grootste stad is Bridgeport. Dit het 'n oppervlakte van 14 356 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat 3,6 miljoen. Dit was die vyfde deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Connecticut word in die noorde deur Massachusetts, in die ooste deur Rhode Island, en in die weste deur New York begrens. In die suide lê Long Island Sound en die Atlantiese Oseaan.
Voor die 17de eeu is die gebied deur die inheemse Mohegan-stam bewoon. Die eerste ontmoeting tussen die inwoners en Europeërs het plaasgevind toe die Nederlandse ontdekkingsreisiger Adriaen Block die gebied in 1614 besoek het.
Connecticut se byname is The Constitution State en The Nutmeg State. Die naam Connecticut kom van die Mohegaanse woord quinnitukqut wat beteken 'plek van die lang getyrivier'.
duimnael|links|Hartford links|duimnael|Bear Mountain, die hoogste spits in Connecticut. Mount Frissell is die hoogste landskap
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webtuiste
Official State Website Toerisme
Connecticut Office of Tourism Geskiedenis
Connecticut Historical Society Wiki-webtuistes
Kategorie:Nieu-Engeland Kategorie:State in die Verenigde State van Amerika