Oregon (Engels: State of Oregon) is 'n deelstaat in die Noordwestelike Stille Oseaan-streek van die Verenigde State van Amerika. Dit is die 33ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Die hoofstad is Salem en die grootste stad is Portland.
Oregon het 'n bevolking van sowat 3,8 miljoen en 'n oppervlakte van 255 026 vierkante kilometer. Na die deelstaatbewoners word in Engels as Oregonians verwys.
Oregon word in die noorde deur Washington (deelstaat), in die ooste deur Idaho, en in die suide deur Kalifornië en Nevada begrens. In die weste lê die Stille Oseaan. Die Cascade-gebergte, wat in die westelike gebied lê, is deur vulkaniese bedrywigheid gevorm. Die oostelike gebied is hoofsaaklik woestynagtig.
Die Columbiarivier vorm vir 480 km die grens tussen dié deelstaat en Washington.
Oregon se bynaam is Beaver State. Die etimologie van die naam Oregon is onbekend.
duimnael|links|Kratermeer in Oregon duimnael|links|Mount Hood, met Trilliummeer in die voorgrond. duimnael|links|Strawberryberg in Oregon
Verwysings
Eksterne skakels Toerisme
Travel Oregon Geskiedenis
Oregon Historical Society