Washington (Engels: State of Washington, uitgespreek /ˈwɒʃɪŋtən/) is 'n deelstaat in die Noordwestelike-Stille Oseaan-streek van die Verenigde State van Amerika. Die staat is vernoem na George Washington, die eerste president van die Verenigde State. Die hoofstad is Olympia en die grootste stad is Seattle.
Washington het 'n bevolking van omtrent 7,6 miljoen en 'n oppervlakte van 184 827 vierkante kilometer. Dit is die 42ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Washington word in die noorde deur die Kanadese provinsie Brits-Columbië, in die ooste deur Idaho, en in die suide deur Oregon begrens. In die weste lê die Stille Oseaan. Die berg Saint Helens is 'n aktiewe vulkaan in die suidweste van die staat; dit het laas in 1980 uitgebars.
Die Columbiarivier vorm vir 480 km die grens tussen dié deelstaat en Oregon.
Washington se bynaam is The Evergreen State. Dit is die enigste deelstaat wat na 'n president vernoem is.
duimnael|links|Die berg Saint Helens, slegs 'n dag voor die vulkaan uitgebars het in Mei 1980 duimnael|links|Die berg Saint Helens in 2007 duimnael|links|Olympic National Park: Abbey Island, soos gesien van Ruby BeachFoto:John Fowler, Nieu-Meksiko duimnael|links|Olympic National Park: Abbey Island en Ruby Beach in April 2010Foto:John Fowler, Nieu-Meksiko
Eksterne skakels Toerisme
Experience Washington Geskiedenis
Washington State Historical Society