Klaus Ebner (Wene, 8 Augustus 1964) is 'n Oostenrykse skrywer van prosa, poësie en essays. Hy vertaal ook Franse en Katalaanse werke na Duits. In die jare '80 skryf hy boeke oor sagteware en literêre tekste in tydskrifte. Sy eerste bundel kort stories word in 2007 gepubliseer. Die outeur skryf poësie in Duits en Katalaans.

Lewe Klaus Ebner studeer Romaanse en Duitse filologie en vertaling.Sien die biografie in die boek Auf der Kippe, Arovell Verlag 2008, p. 139. Hy begin onmiddellik na sy skooltyd kortverhale, poësie en hoorspele te skrywe. In die jare '90 skryf hy hoofsaaklik artikels en boeke oor sagteware en rekenaarnetwerke.Die uitgewers van sy sagtewareboeke was Data Becker, Markt & Technik, IWT, TEWI en Microsoft Press in Duitsland. Die eerste van hierdie boeke, oor die teksverwerker WordPerfect, word na Nederlands vertaal.Ebner, Klaus: WordPerfect Know-How, Data Becker 1989/1990. Daarna werk hy vir 'n Weense literêre tydskrif, Texte.

Na die jaar 2004 publiseer hy meer dikwels.www.klausebner.eu publikasiejare Vandag is Klaus Ebner 'n outeur van verhalende fiksie (roman, novelle, kortverhale), essays en poësie. Gesteun deur 'n subsidie vir letterkunde van die Oostenrykse owerheid, gaan hy in 2007 na Andorra en skryf 'n essay oor die land in die Pireneë.Biografie in die boek Auf der Kippe, Arovell Verlag 2008, p. 139.

Sy werk weerspieël die bewussyn van multikulturele maatskappye, die saamhorigheid van verskillende mentaliteite, tale, volkere en godsdienste.Notruf (noodoproep), Momentaufnahme (momentopname) en Der Pflegling (die pleegzoon) in: Ebner, Klaus: Lose, Neckenmarkt 2007. Die konsep van toleransie speel 'n belangrike rol in sy werke. In 2008 ontvang Klaus Ebner die Wiener Werkstattpreis. Die pryswennende novelle Der Flügel Last (Die last van vleugels) beskryf 'n sewejarige meisie wat aan kanker ly. Die verhalende styl roep die perspektief van 'n kind op. Die pryswennende essay Was blieb vom Weißen Ritter? gee insig in die middeleeuse roman Tirant lo Blanch van die Valensiaanse outeur Joanot Martorell. Die skrywer vermeng sy eie leserservaring met filologiese en historiese informasie.Beide tekste in Brochure van die Prys. Schaden, Peter (red.): wordshop x, FZA Verlag, Wene 2008.

Hy woon en werk in Wene en is lid van die Oostenrykse skrywersorganisasies Grazer Autorenversammlung.webwerf van Grazer Autorenversammlung en Österreichischer Schriftstellerverband.

Pryse 1982: Erster Österreichischer Jugendpreis vir Das Brandmal 1984: Hoorspelprys van die literair tydschrift Texte (3.) 1988: Erster Österreichischer Jugendpreis vir Nils 2004: La Catalana de Lletres 2004, in die bloemlezing van die poësieprys (Barcelona) 2005: Feldkircher Lyrikpreis (4.), poësieprys 2007: Menzione, Premio Internazionale di Poesia (Reggio Calabria), poëzieprys 2007: Reisstipendium vir letterkunde van Oostenryk 2007: Wiener Werkstattpreis 2008: Arbeidsstipendium van die Oostenrykse regering

Publikasies Boeke (fiksie) 2009: Vermells (poësie, ) 2007: Lose (kort stories, ) 2008: Auf der Kippe (prosa, ) 2008: Hominide; (story, )

Ander werk (seleksie) 1986: Träume (prosa, in: Junge Literatur aus Österreich 85/86, ) 1994: Heimfahrt (kortverhaal, in: Ohnmacht Kind, ) 1997: Island (gedig, in: Vom Wort zum Buch, ) 2000: Abflug (kortverhaal, in: Gedanken-Brücken, ) 2005: El perquè de tot plegat (gedig, in: La Catalana de Lletres 2004, ) 2005: Das Begräbnis (kortverhaal, in: Kaleidoskop, ) 2006: Weinprobe (kortverhaal, in: Das Mädchen aus dem Wald, ) 2007: Die Stadt und das Meer (essay, in: Reisenotizen, ) 2007: Routiniert (kortverhaal, in: Sexlibris, )

Verwysings

Eksterne skakels

Website Klaus Ebner Biografie Anthologica

Kategorie:Oostenrykse skrywers Kategorie:Digters Kategorie:Essayiste Kategorie:Vertalers Kategorie:Geboortes in 1964 Kategorie:Lewende mense