Minneapolis 280px Kaart Seël 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Deelstaat 23px Minnesota County Hennepin Koördinate Stigting 1856 Geïnkorporeer op 1867 Oppervlakte: - Totaal 148,94 vk km Hoogte bo seevlak 250 m Bevolking: - Totaal (2024) 428 579 - Bevolkingsdigtheid 3 074,21/vk km - Metropolitaanse gebied 3 693 729 Tydsone CST (UTC -6) - Somertyd CDT (UTC -5) Klimaat - Tipe Kontinentale klimaat - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 8,3 °C - Gem. temp. Januarie/Julie -8,8 / 23,5 °C - Gemiddelde jaarlikse neerslae 803 mm Burgemeester Jacob Frey (D) Amptelike webwerf minneapolismn.gov
Minneapolis (Engels: [mɪniˈæpəlɪs], ) is die administratiewe setel van die distrik Hennepin County in die Amerikaanse deelstaat Minnesota, en die groter een van die sogenaamde Twin Cities ("Tweelingstede"), 'n metropolitaanse gebied in oostelike Sentraal-Minnesota wat na sy twee grootste nedersettings, Minneapolis en Saint Paul (die deelstaathoofstad), genoem is. Minneapolis, wat aan weerskante van die Mississippirivier geleë is, het 'n bevolking van meer as 428 000, met sterk Skandinawiese en Lutherse invloede.
Die naam Minneapolis kom van die Dakota-woord mni (water) en die Griekse woord polis (stad). Minneapolis se bynaam is City of Lakes.
Minneapolis was in onlangse jare wêreldwyd in die nuus vir beide die moord op George Floyd (in 2020 deur 'n polisiebeampte) en Renée Good (in 2025 deur 'n ICE-beampte).
Vervoer duimnael|links|Die Minneapolis-Saint Paul Internasionale Lughawe in 2012 Die Minneapolis-Saint Paul Internasionale Lughawe (MSP), geleë in die suide van die metropolitaanse Twin Cities-gebied (twaalf myl suidoos van Minneapolis en tien myl suidwes van St. Paul se middestad), is 'n belangrike spilpunt in die sogenaamde Upper Midwest-streek van die Verenigde State – met reistye van slegs een uur vanuit die meeste groter stedelike nedersettings in die Amerikaanse Middel-Weste en 'n vliegtyd van tussen twee en drie uur vanaf die Oos- of Weskus. Ook is daar regstreekse vlugte na verskillende bestemmings in die buiteland.
Bekende boorlinge J. Paul Getty, oliemagnaat (1892–1976) Prince, popsanger (1958−2016)
Susterstede
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Nedersettings in Minnesota