Suid-Carolina (Engels: State of South Carolina) is 'n deelstaat in die suidooste van die Verenigde State van Amerika. Die hoofstad en grootste stad is Columbia.
Suid-Carolina het 'n bevolking van 5,2 miljoen en 'n oppervlakte van 82 931 vierkante kilometer. Die deelstaat word in die noorde deur Noord-Carolina, en in die weste deur Georgia begrens. Die Atlantiese Oseaan lê in die ooste. Dit is die agtste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Suid-Carolina was een van die oorspronklike 13 deelstate wat in opstand teen die Britse heerskappy gekom het. Dit was ook een van die deelstate wat die Gekonfedereerde State van Amerika gevorm het. Suid-Carolina was die eerste deelstaat wat van die Unie afgestig het (1860).
Suid-Carolina se bynaam is The Palmetto State. 'n Palmetto is 'n tipe van dwergpalm.
duimnael|links|Suid-Carolina se Staatshuis duimnael|links|Rainbow Row in Charleston, die oudste stad in die deelstaat wat in 1670 gestig is duimnael|links|Die kusdorp Myrtle Beach is vir massatoerisme ontsluit duimnael|links|Die Arthur Avenel Jr. Bridge (ook bekend as Cooper River Bridge) verbind die middestad van Charleston met Mount Pleasant duimnael|links|Oggendmis in Februarie duimnael|links|Pragtige sonsopkoms oor die Atlantiese Oseaan
Eksterne skakels Toerisme
Discover South Carolina Geskiedenis
South Carolina Historical Society National Museum of American History: British South Carolina