Suid-Dakota (Engels: State of South Dakota) is 'n deelstaat in die middeweste van die Verenigde State van Amerika. Dit is vernoem na die Lakota en Dakota inboorlingstamme. Suid-Dakota se hoofstad is Pierre en die grootste stad is Sioux Falls. Dit het 'n oppervlakte van 199 905 vierkante kilometer en 'n bevolking wat in 2019 op 884 659 beraam is. Suid-Dakota word in die noorde deur Noord-Dakota, in die ooste deur Minnesota en Iowa, in die suide deur Nebraska, en in die weste deur Montana en Wyoming begrens. Dit was die 40ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is.
Suid-Dakota se byname is The Mount Rushmore State en The Sunshine State. Die deelstaat se leuse is Under God the people rule (met God as hoof regeer die volk).
Mount Rushmore, wat in die Black Hills lê, is 'n historiese gedenkwaardigheid.
links|duimnael|Mount Rushmore Nasionale Gedenksteen in die Black Hills duimnael|links|Uitsig oor Harney Peak in die Black Hills, 'n lae bergreeks in die suidweste van die deelstaat duimnael|links|Door Trail in die National Badlands Park duimnael|links|Stalaktiete in Wind Cave National Park duimnael|links|'n Veeteler en sy seun hou 'n trop beeste in die Prairie Pothole-streek dop duimnael|links|'n Gaffelbok in die Wind Cave Nasionale Park
Eksterne skakels Toerisme
South Dakota Department of Tourism Geskiedenis
South Dakota State Historical Society