Nevada (Engels: State of Nevada) is 'n deelstaat in die weste van die Verenigde State van Amerika. Dit is die 36ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Die hoofstad is Carson City en die grootste stad is Las Vegas.
Nevada het 'n oppervlakte van 286 367 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat 2,7 miljoen. Nevada word in die noorde deur Oregon en Idaho, in die ooste deur Utah, in die suide deur Arizona en Kalifornië, en in die weste deur Kalifornië begrens. Dit het 'n droë klimaat weens sy geografiese ligging in die Mojave-woestyn. In die algemeen kry Nevada relatief min reënval.
Die berugte en geheime Area 51 lugmagbasis is in Nevada geleë. duimnael|links|Virginia City duimnael|links|Black Rock Desert duimnael|links|Skadu's gooi in Black Rock Desert duimnael|links|'n Vallei naby Pyramid Lake duimnael|links|Yucca Mountain duimnael|links|Hooverdam duimnael|links|Lugaansig van die Hooverdam op die grens tussen Nevada en Arizona duimnael|links|Landing in Las Vegas duimnael|links|Panorama Towers - woonsteltorings in Las Vegas duimnael|links|Parys in die woestyn duimnael|links|Las Vegas: The Venetian Hotel met Dollarpaleis (kasino) duimnael|links|Las Vegas: The Venetian Hotel duimnael|links|Leaving Las Vegas Nevada se byname is Silver State, Sagebrush State en Battle Born State. Wildeals - 'n hoogs aromtiese silwergrys kruidplant met geel bloeisels wat in Engels sagebrush genoem word - is Nevada se amptelike staatsplant. Wildeals-steppe beslaan sowat veertig persent van die deelstaat se oppervlakte. Indiane het wildeals as kleur- en brandstof, as medisinale plant en vir rituele doeleindes gebruik. As dit verbrand word, versprei dit 'n aangename reuk wat aan appelsider herinner.Eleanor Coerr: S is for Silver: A Nevada Alphabet. Ann Arbor, MI: Sleeping Bear Press 2010
Verwysings
Eksterne skakels Toerisme en kultuur
Travel Nevada Department of Tourism and Cultural Affairs Geskiedenis
Nevada Historical Society Tydskrifte en aanlynbronne
Nevada Magazine Mynbou
Visual Capitalist: Gold in Nevada: The Real Golden State