Silesies (Duits: Schlesisch, Silesies: ślůnsko godka, ślůnsko, somtyds ook po naszymu) maak deel uit van die Legitiese groep van die Wes-Slawiese tale, 'n subgroep van die Indo-Europese taalfamilie. Dit word meestal deur inwoners in Bo-Silesië in Pole gepraat, maar ook in Tsjeggië en Duitsland. In 2011 het 509 000 mense hulleself as moedertaalsprekers verklaar. ISO: szl.
Alfabet Daar is nie net een enkele Silesiese alfabet nie. Silesiese sprekers is gewoond daaraan om hul taal met Duitse, Tsjeggiese of Poolse karakters te skryf. Die eerste Silesiese alfabet is in 1935 deur Feliks Steuer, 'n Silesiese taalkundige en skrywer, ontwikkel; sedertdien word dit in die Silesiese Wikipedia, boeke en media gebruik.
Aa Bb Cc Ćć Dd Ee Ff Gg Hh Ii Jj Kk Ll Łł Mm Nn Ńń Oo Pp Rr Ss Śś Tt Uu Ůů Ww Yy Zz Źź Żż
Verwysings
Eksterne skakels
Nuus in Silesies
Kategorie:Tale van Duitsland Kategorie:Tale van Pole Kategorie:Tale van Tsjeggië Kategorie:Wes-Slawiese tale