Virginië (Engels: Commonwealth of Virginia) is 'n deelstaat aan die Atlantiese kus van die Verenigde State van Amerika. Dit is genoem na Elizabeth I van Engeland (Virgin Queen). Die hoofstad is Richmond en die grootste stad is Virginia Beach. Dit het 'n bevolking van sowat 8 miljoen en 'n oppervlakte van 110 785 vierkante kilometer. Virginië word in die noorde deur Maryland en Wes-Virginië, in die suide deur Noord-Carolina en Tennessee, en in die weste deur Wes-Virginië en Kentucky begrens. Die Atlantiese Oseaan lê in die ooste. Virginië het 'n ryk geskiedenis van politieke gebeure. Verskeie van die Amerikaanse presidente is in Virginië gebore.

Virginië se byname is Old Dominion en Mother of Presidents. duimnael|links|'n Lugaansig van Fort Monroe. Die vyfhoekige kusfort het 'n belangrike rol in die Amerikaanse Burgeroorlog gespeel en is tans 'n Nasionale Historiese Monument duimnael|links|Die Blue Ridge-gebergte duimnael|links|'n Werwelwind van vuur warrel in die Atlantiese sederbosse van die Great Dismal Swamp Refuge duimnael|links|'n Spesiale amfibiese brandbestrydingsvoertuig, vervaardig deur Bombardier duimnael|links|'n Hert by diee Tannerrif-uitkyk in Shenandoah Nasionale Park

Eksterne skakels Toerisme

Virginia is for Lovers Geskiedenis

Virginia Historical Society | Virginia Museum of History & Culture