Oos-BerlynBerlin, Hauptstadt der DDR1949–1990 280px Kaart Wapen 170px|senter 50px|senter Vlag border|90px|senter Land 20px DDR Administratiewe distrik border|20px Berlyn Koördinate  Oppervlakte:    - Totaal 403 vk km Bevolking:    - Totaal (1989) 1 279 212  - Bevolkingsdigtheid 3 174/vk km Tydsone UTC +1/+2 (MET/MEST)

Die term Oos-Berlyn is in Westerse lande gebruik om na die Sowjetsektor van Berlyn te verwys wat in 1945 ná die einde van die Tweede Wêreldoorlog geskep is en die oostelike stadsdistrikte behels het. Die drie Westerse (Amerikaanse, Britse en Franse) sektore het as Wes-Berlyn bekend gestaan.

Oos-Berlyn het aanvanklik as die administratiewe sentrum van die Sowjet-besettingsone in Duitsland gedien en het tussen 1949 en 1990 de facto as hoofstad en regeringsetel van die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) gefungeer. Die status van Oos-Berlyn was omstrede; volgens die drie westelike Geallieerdes het dit de jure steeds deel uitgemaak van die gedemilitariseerde Berlyn onder beheer van die Geallieerde magte Verenigde State, Verenigde Koninkryk, Frankryk en Sowjetunie, en nie van die Sowjet-besettingsone of DDR nie.

Die Sowjetunie het ná die stigting van die DDR geleidelik begin om Oos-Berlyn as 'n integrale bestanddeel van dié land te beskou, terwyl Wes-Berlyn tot by die Duitse hereniging in 1990 steeds as 'n gebied onder gemeenskaplike Geallieerde beheer behandel is. Vanaf die 1970's het die spesiale status van Oos-Berlyn gevolglik in die praktyk nog nouliks 'n rol gespeel; Oos-Berlynse afgevaardigdes is regstreeks as lede van die DDR-parlement verkies, terwyl diensplig vir Oos-Berlyners ondanks die gedemilitariseerde status van Berlyn ingevoer is.

Die DDR-owerhede het na Oos-Berlyn aanvanklik as die Demokratiese Sektor van Berlyn verwys; later is Oos-Berlyn amptelik Berlin, Hauptstadt der DDR ("Berlyn, Hoofstad van die DDR") of kort Berlin genoem.

Geskiedenis Berlyn as Vier-sektore-stad duimnael|links|250px|Die vier geallieerde sektore van Berlyn Met die Londense Protokol van November 1944 het die Verenigde State, die Sowjetunie en die Verenigde Koninkryk besluit om Duitsland ná sy algehele kapitulasie in drie besettingsones en 'n "afsonderlike Berlynse gebied wat gemeenskaplik deur al drie geallieerde moondhede beset word" te verdeel. Frankryk het later as vierde geallieerde moondheid bygekom.

Reeds in Mei 1945 het die Sowjetunie 'n regering vir die hele stadsgebied van Berlyn benoem wat as "Magistraat van Groot-Berlyn" bekend gestaan het. Op 5 Junie 1945 het die vier geallieerde moondhede nog eens bevestig dat hulle Berlyn gemeenskaplik sou beset.document-archiv.de: Besettingsones in Duitsland Die destydse oostelike stadswyke (Duits: Bezirke) Mitte, Prenzlauer Berg, Friedrichshain, Pankow, Weißensee, Lichtenberg, Treptow en Köpenick het voortaan die "Sowjetsektor van Groot-Berlyn" gevorm.

As gevolg van politieke spanninge tussen die geallieerde moondhede is die gemeenskaplike administrasie van Berlyn in Oktober 1948 gestaak, en die Sowjetunie het besluit om die Geallieerde Kommandantuur te verlaat. In die Sowjetsektor is 'n afsonderlike stadsregering benoem wat voortgegaan het om na homself as "Magistraat van Groot-Berlyn" te verwys. Later is hierdie naam met die toevoegsel "Demokratiese Sektor" gebruik.

Stigting van twee Duitse state duimnael|250px|Die Potsdamer Platz, 'n plein in die stadsentrum, in 1945 Met die inwerkingtreding van die Grondwet is die Bondsrepubliek Duitsland (Wes-Duitsland) op 23 Mei 1949 gestig. Volgens artikel 23 sou die Grondwet ook op 'n deelstaat "Groot-Berlyn" toegepas word. Die Sowjetunie het nogtans die toepassing van die Grondwet op sy Berlynse sektor geweier, terwyl dit in die drie westelike sektore vanweë die geallieerde voorbehoude net beperk toegepas kon word.

Ná die stigting van die Bondsrepubliek Duitsland was daar vir die Sowjetunie geen ander opsie meer as die oprigting van 'n Duitse deelstaat in sy besettingsone. Die Grondwet van die Duitse Demokratiese Republiek (DDR), wat oorspronklik vir die hele Duitsland saamgestel is, is derhalwe op 7 Oktober 1949 deur die voorlopige parlement, die Volkskammer, vir die deelstate Sakse, Sakse-Anhalt, Thüringen, Brandenburg en Mecklenburg-Voorpommere in werking gestel en sodoende die Oos-Duitse Duitse Demokratiese Republiek gestig. Hierdie grondwet het in artikel 2 bepaal dat Berlyn die hoofstad van die republiek sou wees – 'n verwysing na die stigting van 'n gemeenskaplike Duitse staat wat oorspronklik verwag is.

As gevolg van Berlyn se Viermoondhedestatus het die Sowjetsektor van Berlyn nie deel uitgemaak van die Sowjetbesettingsone of die DDR nie. Die grondwetlike organe van die DDR het hier nie oor regstreekse gesag beskik nie, en DDR-wette kon hier slegs indirek in werking gestel word nadat hulle deur die Magistraat van Berlyn bekragtig is. Oos-Berlynse afgevaardigdes kon in die DDR-parlement net raadgewende funksies vervul en is nie regstreeks verkies nie.

Integrasie in die DDR duimnael|Alexanderplatz, 'n besige plein in die stadsentrum van Oos-Berlyn, in die 1980's duimnael|Die woonstel- en winkelkompleks Rathauspassagen (1969) op Alexanderplein soos dit vandag lyk Nogtans is daar reeds van die begin af nou bande tussen Oos-Berlyn en die DDR gehandhaaf, veral aangesien die DDR-regering in Oos-Berlyn gesetel was en die hele stad as hoofstad van die DDR geproklameer het. Die DDR-regering het net soos die Militêre Sowjetadministrasie formeel steeds die besondere status van Berlyn erken om sodoende aanspraak op die gesag oor die hele Berlyn te kan maak. Die Sowjetunie het immers vanaf 1948 die hele Berlyn as 'n integrale bestanddeel van sy besettingsone in Duitsland beskou, ongeag die Londense Protokol en alhoewel die land doe Viermoondhedestatus van Berlyn steeds erken het. Daarbenewens het die Sowjette besef dat die Berlyn-kwessie 'n belangrike punt by die beoogde hereniging van Duitsland sou kon wees.

Die DDR het dus met die oog op die moeilike volkeregtelike status van Berlyn slegs versigtige stappe gedoen om Oos-Berlyn in die DDR te integreer. Vanaf Oktober 1953 is byvoorbeeld DDR-identiteitskaarte aan inwoners van Oos-Berlyn uitgereik.Verordnung des Magistrats von Groß-Berlin über die Ausgabe von Personalausweisen der Deutschen Demokratischen Republik in Groß-Berlin (30 Oktober 1953)

Na Oos-Berlyn is nogtans reeds vanaf 1949 as "Hoofstad van die DDR" verwys, ongeag alle besware van die westelike geallieerdes. Hier was alle ambassades asook die "Permanente verteenwoordiger van die Bondsrepubliek Duitsland by die DDR" gesetel, net soos alle DDR-departemente. Die enigste uitsondering was die Oos-Duitse Departement van Verdediging wat sy hoofkwartier oos van Berlyn in Strausberg gehad het.Wolfgang Ribbe en Jürgen Schmädeke: Kleine Berlin-Geschichte. Berlyn: Landeszentrale für politische Bildungsarbeit Berlin in Verbindung mit der Historischen Kommission zu Berlin 1988, bl. 215

In Januarie 1957 het die Oos-Duitse owerhede 'n belangrike besluit ten opsigte van die integrasie van Oos-Berlyn geneem – die Magistraat van Oos-Berlyn is onder beheer van die Ministerraad van die DDR geplaas, terwyl die nasionale Volkskammer-parlement die toesig oor die Oos-Berlynse stadsparlement gehou het wat nou tot "stadsraad" (Stadtverordnetenversammlung) hernoem is. Tegelykertyd het die status van Berlyn 'n brandende kwessie geword. Die Sowjetunie het die voortdurende geldigheid van die Londense Protokol bevraagteken en het in die najaar van 1958 met die sogenaamde Chrusjtsjef-ultimatum die omskepping van Wes-Berlyn tot 'n vrye stad en "besondere staatkundige eenheid" geëis. Die westelike geallieerdes het hierdie eis van die hand gewys.

Bou van die Berlynse Muur duimnael|250px|Die Berlynse Muur in 1986, soos gesien vanuit Wes-Berlyn Die politieke verdeling van Berlyn is met die bou van die Berlynse Muur in Augustus 1961 drasties verskerp, terwyl die integrasie van Oos-Berlyn in die DDR bespoedig is. Die Staatsraad van die DDR het Oos-Berlyn in September van dieselfde jaar aan die administratiewe distrikte van die DDR gelykgestel. Die DDR se nasionale diensplig, wat in Januarie 1962 ingevoer is, is ook op Oos-Berlyn toegepas. In Augustus 1962 is die Sowjette se Stadskommandantuur in Oos-Berlyn ontbind en deur 'n stadskommandant van die Nasionale Volksleër (Nationale Volksarmee, NVA) vervang. Oos-Berlynse stemgeregtigdes het in 1968 in die referendum oor die nuwe grondwet van die DDR gestem wat sodoende ook in die oostelike sektor van Berlyn regstreeks toegepas is.

duimnael|links|Met uitsondering van enkele geboue is die hele historiese middestad van Berlyn deur altesaam 363 geallieerde lugaanvalle gedurende die Tweede Wêreldoorlog vernietig. Die Oos-Duitse bewind het ná die oorlog sy eie konsep van sosialistiese stedebou verwesenlik sonder om die historiese skaal van geboue in ag te neem. Uitsig oor die Rotes Rathaus (Rooi Raadsaal) vanaf die Berlynse televisietoring Ná langdurige onderhandelinge is in September 1971 die sogenaamde Viermoondhede-ooreenkoms oor Berlyn onderteken wat onder meer die toegang van Wes-Berlyn tot die Bondsrepubliek Duitsland gereël het. Die konflik oor Berlyn is as gevolg van hierdie ooreenkoms grootliks bygelê. Nogtans was die algemene bepalings van die ooreenkoms allesbehalwe noukeurig bewoord en was sodoende oop vir teenstrydige interpretasies. Volgens die westelike geallieerdes het die ooreenkoms die besondere status van die hele Berlyn bevestig, terwyl die Sowjetunie en die DDR die bepalings net op Wes-Berlyn wou toepas. Hulle het hul aanspraak op die hele stadsgebied laat vaar en Oos-Berlyn as 'n aparte stad beskou.

Ná die Volkskammer-verkiesings van 1976 het die Oos-Berlynse afgevaardigdes geen besondere ledekaarte meer ontvang nie, terwyl die Magistraat van Oos-Berlyn in die herfs van dieselfde jaar die publikasie van die Verordnungsblatt für Groß-Berlin gestaak, en vervolgens is DDR-wette in Oos-Berlyn regstreeks oorgeneem. Vroeg in 1977 het die Oos-Berlynse administrasie sy naam "Magistraat van Groot-Berlyn" verander na "Magistraat van Berlyn, Hoofstad van die DDR".

Tegelykertyd is visums vir buitelanders, wat 'n dagbesoek aan Oos-Berlyn wou aflê, verpligtend gemaak en kontrolposte langs die paaie na die gebied van die DDR afgeskaf. Met die Volkskammer-verkiesings van 1981 is die Oos-Berlynse afgevaardigdes vir die eerste keer regstreeks verkies. Oos-Berlyn was nou de facto volledig in die DDR geïntegreer, behalwe vir 'n aantal geallieerde voorregte. Af en toe het die westelike geallieerdes nog protesnota's oorhandig wanneer die gedemilitariseerde status van Berlyn deur militêre parades van die DDR se Nasionale Volksleër geskend of Volkskammer-verkiesings ook in Oos-Berlyn gehou is.

Onder dele van die bevolking was daar ook baie jare ná die bou van die Berlynse Muur ontevredenheid met die politieke bestel en die ekonomiese toestande in die DDR. Aangesien andersdenkendes deur die veiligheidsdiens dopgehou is, het openbare betogings en proteste baie selde voorgekom. Nogtans het bekende persoonlikhede en klein groepe burgers hul misnoeë soms deur "afwykende gedrag" te kenne gegee.Wolfgang Ribbe en Jürgen Schmädeke (1988), bl. 229

Christelike kerke was die enigste groot instellings wat min of meer onafhanklik van party en staat bestaan het en sodoende 'n forum vir diegene kon bied wat met die amptelike beleid van party en regering ontevtrede was. Openbare betogings en ander aksies was ook hier ondenkbaar, met uitsondering van die kerklike vredesbeweging Schwerter zu Pflugscharen ("Swaarde tot ploegskare") wat openlik protes teen die amptelike beleid van "gewapende vrede" aangeteken het.