Klipwerf is ’n bekende Suid-Afrikaanse musiekgroep wat boeremusiek speel. Die groep is in 1969 gestig deur Hentie Visagie en sy seuns, Johann en Kobus, saam met Nicol Louw. Hulle eerste album is eers in 1988 opgeneem (20 jaar ná stigting). Huidige lede is: Kobus Visagie (klawerbord), Genè van Niekerk (klawerbord), Johnny Dreyer (tromme) en Willie Burger (kitaar).
In 2010 ontvang hulle ’n SAMA-toekenning in die kategorie beste Afrikaanse tradisionele musiek vir Hantam Carnival.Afrikaanse kunstenaars tops by Samas , Nuus24, besoek op 18 Maart 2010.
Diskografie Van Klipwerf se albums sluit in: Kom Kuier in die Hantam, 1988 Hantam Vrolikheid, 1990 Hantam Opskop, 1991 Hantam Klanke, 1992 Hantam Jolyt, 1993 Hantam Berge, 1994 Hantam Lapland, 1995 Hantam Skoffel, 1996 Hantam Drafstap, 1997 Hantam Kapperjolle, 1998 Hantam Bokkie, 1999 Hantam Deurnag, 2000 Hantam Moedskep, 2001 Beste van Klipwerf, 2002 Hantam Wikkel, 2003 Loof Hom, 2003 UNIVERSAL Hantam Pennies, 2004 Prys Hom, 2004 Dans In Die Hantam, 2005 Hantam Warmvat, 2005 By Die Kruis, 2006 UNIVERSAL Hantam Vleisfees – Die DVD, 2006 UNIVERSAL Hantam Kwêla, 2006 UNIVERSAL Hantam Blokkies, 2007 UNIVERSAL Hantam Toeka, 2008 Gebed, 2008 UNIVERSAL Hantam Carnival – 40 Jaar, 2009 UNIVERSAL Hantam Leplek, 2010 Hantam Nostalgie, 2011 Hantam Tydloos, 2015 Hantam Unplugged, 2015 Hantam Gatskop, 2015 50 Jaar Se Hoogtepunte, 2018 Hantam Dis Die Lewe, 2019
Verwysings
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musiekgroepe
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe