Maryland (Engels: State of Maryland) is 'n deelstaat in die Middel-Atlantiese gebied van die Verenigde State van Amerika. Dit was die sewende deelstaat om die Grondwet van die Verenigde State te bekragtig (1787 in Philadelphia, Pennsilvanië). Die hoofstad is Annapolis en die grootste stad is Baltimore. Dit het 'n bevolking van omtrent 5,8 miljoen en 'n oppervlakte van 12 407 vierkante kilometer. Maryland word in die noorde deur Pennsilvanië, in die ooste deur Delaware, in die suide deur Virginië en Washington, D.C., en in die weste deur Wes-Virginië begrens. Die Atlantiese Oseaan lê in die suide.

duimnael|links|Getykom van Chesapeake Bay duimnael|links|Susquehanna-waterval duimnael|links|Baltimore: Mount Vernon met Washington-monument duimnael|links|Geografiese gebiede van Maryland Maryland was oorspronklik 'n Britse kolonie, en was een van die dertien kolonies wat teen die Britse kroon opgestaan het.

Maryland se byname is Old Line State, Free State, Little America en America in Miniature. Die deelstaat se leuse is Fatti maschii, parole femine (Italiaans: manlike dade, vroulike woorde).

Eksterne skakels Toerisme

Visit Maryland Geskiedenis

Maryland Historical Society