Gelasius II was die 161ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie Pous Gelasius II is gebore as Giovanni da Gaeta"Gelasius II." Encyclopædia Britannica. 2008. Encyclopædia Britannica Online. 12 Julie. 2008 <http://www.britannica.com/EBchecked/topic/227919/Gelasius-II> (ook Giovanni Coniulo) ongeveer in 1058 in Gaeta, Italië. Voor sy verkiesing was hy 'n Benediktynse monnik in die klooster van Monte Cassino, adviseur van Pous Paschalis II en kanselier van die Vatikaan. Pous Urbanus II stel hom aan as kardinaal-deken van Santa Maria in Cosmedin. As kanselier van 1089 tot 1118 hervorm hy die Vatikaan se administrasie drasties. Permanente klerke word aangestel om pouslike dokumente te hanteer. Sedert sy termyn as kanselier het dit gebruik geword dat die kanselier altyd 'n kardinaal moet wees en dat die pos lewenslank is of totdat die kanselier tot pous verkies word. Op 24 Januarie 1118 volg hy Pous Paschalis II op en regeer tot sy dood op 29 Januarie 1119. Hy word opgevolg deur Pous Callixtus II. Die naam ‘Gelasius’ beteken 'die gelukkige' in Grieks.
Pontifikaat Pous Gelasius IILoughlin, James. "Pope Gelasius II." The Catholic Encyclopedia. Vol. 6. New York: Robert Appleton Company, 1909. 12 Julie. 2008 http://www.newadvent.org/cathen/06407a.htm se bewind staan in die teken van die investituurstryd. Hy is tot pous verkies sonder die medewete van keiser Hendrik V en deur 'n voorstander van die keiser, Cencio II Frangipane gevange geneem. Die volk van Rome het egter in opstand gekom en die pous bevry. Die keiser het met 'n leër na Rome gekom en die pous verdryf na Cluny in Frankryk. Die keiser installeer Maurits Bourdin as Teenpous Gregorius VIII. Gelasius het die banvloek oor die keiser uitgespreek.
Bibliografie Barraclough, Geoffrey (1964). The Medieval Papacy. Thames and Hudson. . Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. . Gresser, Georg: Die Synoden und Konzilien in der Zeit des Reformpapsttums in Deutschland und Italien von Leo IX. bis Calixt II. 1049–1123. Paderborn 2006. Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. .
Verwysings
Eksterne skakels
Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
Gelasius II