Wyoming (Engels: State of Wyoming) is 'n deelstaat in die weste van die Verenigde State van Amerika met 'n oppervlakte van 253 348 km² en 'n bevolking van 578 759 in 2019. Die hoofstad en grootste nedersetting is Cheyenne.
Wyoming word in die noorde deur Montana, in die ooste deur Suid-Dakota en Nebraska, in die suide deur Colorado en Utah, en in die weste deur Montana, Idaho, en Utah begrens. Dit lê tussen die Rotsgebergte en die Groot Vlaktes (wat 'n gebied van grasvlaktes is). Die Yellowstone Nasionale Park is in die noordooste van Wyoming geleë. Wyoming is die 44ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is.
Wyoming se byname is Equality State en Cowboy State. Die naam Wyoming kom van die Munsee-woord xwé:wamənk, wat "aan die groot rivier se plat kant" beteken.
duimnael|links|'n Geiser in die Yellowstone Nasionale Park duimnael|links|'n Houtskuur in die historiese John Moulton Homestead-kompleks wat deel uitmaak van die Mormon Row Historic District, Grand Teton National Park duimnael|links|Oregon National Historic Trail. Vanaf 1840 het 'n halfmiljoen setlaars weswaarts getrek op een van die drie historiese roetes deur Wyoming - Oregon, Mormon Pioneer en California. In die volgende vyftig jaar het twaalf nuwe deelstate in gebiede wes van die Mississippi tot die Unie toegetree
Verwysings
Eksterne skakels Toerisme
Wyoming Office of Tourism Geskiedenis
Wyoming State Historical Society WyoHistory.org - The Online Encyclopedia The Mormon Trail
Church of Jesus Christ of Latter-day Saints: Wyoming Historic Sites Pioneer Journeys - More Than a Trek