__NOTOC__

Die Kruisrivier is 'n rivier wat in die Wes-Kaap, Suid-Afrika vloei en wes van Oudtshoorn in die Olifantsrivier, 'n sytak van die Gouritsrivier, uitmond.

Die skilderagtige Kruisriviervallei is tussen die Swartbergpas en Roete 62 geleë. Dit is bekend vir sy aangename mikroklimaat, plaasverblyf, kunsgalerye, handwerkstalle en wynkelders. Dit bevat die Groenfontein-, Kruisrivier- en ander gasteplase, kampeeropsies en toegang tot stap- en fietsroetes.

Kruisrivierpoort Kruisrivierpoort is 'n nou bergpas van 2,2 km aan die westekant van die nedersetting by Kruisrivier. Die P1706-roete is 'n agterpad met besondere natuurskoon, wat etlike klein passe oorsteek. Die Kruisrivierpoort is die eerste van hierdie passe wanneer jy van wes na oos ry.Kruisrivierpoort (P1706), Western Cape Mountain Passes, MPSA, Trygve Roberts

Ander Kruisrivier Dit is nie te verwar met Kruisrivier-plaas in die Roggeveld naby Sutherland, Noord-Kaap, nie. Laasgenoemde is die ligging van verskillende argeologiese vondse en was die woonplek van die "Sutherland-nege" (Khoisan-individue) wat later vir navorsing opgegrawe is voordat hulle in 2023 vir herbegrawing terugbesorg is.

Eksterne skakels Google-kaart van Wynandsrivier se monding by Geonames.org (cc-by)

Verwysings

Kategorie:Riviere in Wes-Kaap