duimnael|Die Bevry Rusland-skouerkenteken van die legioen. Rusland se Vryheidslegioen (Russies: Легион «Свобода России», geromaniseer: Legion Swoboda Rossiji; Oekraïens: Легіон «Свобода Росії», ook vertaal as Vryheid vir Rusland), is 'n legioen van die gewapende magte van die Oekraïne, wat in Maart 2022 gevorm is om Oekraïne teen die 2022 Russiese inval in die Oekraïne te beskerm. Dit bestaan uit oorlopers van die Russiese Gewapende Magte, sowel as ander Russiese en Belarussiese vrywilligers wat nie voorheen lede van militêre formasies was nie.
Die legioen gebruik die wit-blou-wit vlag as 'n skouerkenteken in plaas van die amptelike vlag van Rusland.
Op 22 Mei 2023 het 'n afdeling van Rusland se Vryheidslegioen 'n oorgrensaanval in die Belgorod-streek van Rusland uitgevoer."Freedom of Russia Legion says they are creating a "demilitarised zone" in Russia". Yahoo News, 22 Mei 2023
Geskiedenis Die Vryheid vir Rusland-legioen is gevorm uit 'n kompanie van die Russiese Leër (meer as 100 soldate), wat vrywillig na die Oekraïense kant oorgeloop het. Volgens die kompaniebevelvoerder het hulle op 27 Februarie 2022, met die hulp van die Veiligheidsdiens van Oekraïne, by die Oekraïense kant aangesluit om "Oekraïners teen ware fasciste te beskerm". Hy het ook 'n beroep op sy landgenote, soldate van president Wladimir Poetin se leër, gedoen om by die Vryheid vir Rusland-legioen aan te sluit, om hul eie mense en die land te red "van vernedering en vernietiging".
Die eerste vrywilligers van die Vryheid vir Rusland-legioen het begin met individuele voorlopige opleiding aan die einde van Maart 2022. In die besonder het die personeel van die legioen onder leiding van instrukteurs van die Oekraïense Gewapende Magte die gebruik van die Sweeds-Britse draagbare teentenkgeleide kortafstandmissiel NLAW bestudeer. Die bevelvoerders van Vryheid vir Rusland-eenhede het kennis gemaak met die operasionele situasie op die frontlinies. Die legioen se verklaarde doelwitte is om die Russiese inval in Oekraïne af te weer en uiteindelik die regime van Wladimir Poetin omver te werp.
Die Vryheid vir Rusland-legioen veg na bewering saam met die gewapende magte van Oekraïne in die Donbas tydens die Oos-Oekraïense offensief. Die eenheid organiseer na bewering ook brandstigting en sabotasiedade binne Rusland.
Op 11 Junie het dit bekend geword dat Igor Woloboejef, die voormalige ondervoorsitter van Gazprombank, wat Rusland verlaat het tydens die uitbreek van die inval, by die Vryheid vir Rusland aangesluit het.
Sien ook Atesh Nasionale Republikeinse Leër Gevegsorganisasie van Anargo-Kommuniste Stop die Waens
Verwysings
Kategorie:Oekraïne