duimnael|regs|Scott Carpenter klim in die tuig Aurora 7. duimnael|regs|Die Mercury-Atlas 7 lansering. Mercury-Atlas 7 was die vierde bemande ruimtevaart van die Mercury-program. Die ruimtetuig, genaamd Aurora 7, is beman deur die ruimtevaarder Scott Carpenter. Hy was die sesde persoon om in die ruimte te vlieg. Die sending het Mercury kapsule nr. 18 gebruik en is gelanseer deur 'n Atlas LV-3B, nr 107-D vuurpyl.
Capenter het drie keer om die aarde gewentel, eintlik 'n herhaling van John Glenn se Mercury-Atlas 6 vlug. As gevolg van 'n fout wat gemaak is tydens die binnedringing van die atmosfeer land hy 400 km van koers af. Dit het die optel van hom en sy tuig met sowat 'n uur vertraag. Carpenter is gedeeltelik verantwoordelik gehou vir die fout. Hy het NASA in 1964 verlaat en op die Amerikaanse Vloot se SEALAB-projek gaan werk.
Ruimtevaarder Die sending se ruimtevaarder was Scott Carpenter, 'n 37-jarige Amerikaanse Vlootoffisier en vlieënier, toetsvlieënier, lugvaartingenieur, ruimtevaarder en skubaduiker.
Sendingparameters Massa: 2975 lb (1350 kg) Perigee: 96 myl (154 km) Apogee: 162 myl (260 km) Eksentrisiteit: 0.00804 Baanhelling: 32.5° Orbitale tyd: 88.3 min Brandstof: vir die outomatiese stelsel vir die handstelsel
Hoogtepunte van die sending
Verwysings
Kategorie:Mercury-program Kategorie:Ruimtetuie