thumb|220px|Koning Fjölnir berei hom voor om in 'n vat heuningbier te verdrink. Hy roep uit: "Ek hoop die historikus Odhner sal dit as 'n ongeluk beskryf." (Karikatuur deur Albert Engström).
Fjölnir (Oudnoors: Fjǫlnir) is 'n legendariese koning van Swede in die Noorse mitologie wat glo die seun van Freyr (Frey) en sy metgesel, Gerder, was. Die naam word op baie maniere gespel, onder meer Fiolnir, Fjölner, Fjolner en Fjolne. Hy was na bewering die stigter van die Sweedse Yngling-dinastie en het uit Gamla Uppsala regeer. Volgens die Grottasöngr het Fjölnir van die 1ste eeu v.C. tot die 1ste eeu n.C. gelewe.
Fjölnir het glo in 'n vat heuningbier verdrink terwyl hy 'n ander legendariese koning, Peace-Fróði van Seeland ('n Deense eiland), besoek het. Sy verhaal word in die Grottasöngr en die Ynglinga saga vertel. Fjölnir is deur sy seun Sveigder opgevolg.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Legendariese Sweedse monarge