thumb|160px|Die voorblad van 'n toneelstuk deur Erik Johan Stagnelius oor die legende van Visbur.

Visbur of Wisbur (Oudnoors vir "Sekere seun" of "Ongetwyfelde seun")McKinnell, John (2005). Meeting the Other in Norse Myth and Legend. D.S. Brewer. was in die Noorse mitologie 'n legendariese koning van Swede se Huis van Yngling wat uit Gamla Uppsala regeer het. Hy was die seun van Vanlande, wat hy as koning opgevolg het.

Hy is in sy saal doodgebrand nadat twee van sy seuns 'n brand gestig het omdat hy hulle ma verwerp en hulle hulle erfenis ontsê het. Hy is deur sy seun Domalde opgevolg.

Sy verhaal word vertel in die Ynglinga saga, Ynglingatal, Heimskringla en Íslendingabók.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Legendariese Sweedse monarge