Domalde, Dómaldi of Dómaldr (Oudnoors vir moontlik "Mag om te oordeel")McKinnell, John (2005). Meeting the Other in Norse Myth and Legend. D.S. Brewer. was in die Noorse mitologie 'n legendariese koning van Swede se Huis van Yngling. Hy was die seun van Visbur, wat hy as koning opgevolg het.

Volgens Snorri Sturluson is Domalde deur sy stiefma vervloek met ósgæssa ("slegte geluk"). Sy bewind is gekenmerk deur slegte oeste en verhongering. Met die tweede slegte oes het die Swede mans geoffer, maar die derde oes was nog slegter. Hulle het na Gamla Uppsala opgeruk en die koning geoffer. Hy is opgevolg deur sy seun Domar, wie se bewind vooruitstrewend was.

Domalde se verhaal word vertel in die Ynglinga saga, Ynglingatal, Heimskringla, Historia Norwegiæ en Íslendingabók.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Legendariese Sweedse monarge