Australiese voetbal word sedert 1997 professioneel in Suid-Afrika gespeel. Die sport is volgens navorsing die eerste keer in die 1880's in Suid-Afrika bekendgestel. Die sport het egter later gekwyn weens Australië en Nieu-Seeland se gebrek aan erkenning. In 1997 is die sport weer ingestel en het dit vinnig gegroei, veral in Noordwes, Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap. Suid-Afrika se nasionale span staan bekend as die Leeus, en neem deel aan die Australiese Voetbal Internasionale Beker. Daar is ook 'n plaaslike Auskick-program vir juniors genaamd "FootyWild".

Nasionale span 250px|regs|duimnael|Suid-Afrika se nasionale span staan in tou vir die volkslied.

Ligas Gautengse Provinsiale Australiese Voetballiga Noordwes Provinsiale Australiese Voetballiga

Promosiewedstryde Die Australian Football League (AFL) het twee promosiewedstryde in Suid-Afrika gespeel. Die eerste wedstryd was 'n voorseisoense wedstryd wat op 22 Februarie, 1998 in Kaapstad op Nuweland-krieketveld, tussen die Brisbane Lions en die Fremantle Dockers gespeel is. Hierdie wedstryd is deur 10, 123 toeskouers bygewoon. Die tweede wedstryd was 'n voorseisoense oefenwedstryd wat op 2 Februarie 2008 in Centurion (naby Pretoria) op SuperSport-park, tussen die Carlton Blues en die Fremantle Dockers gespeel is. Hierdie wedstryd is deur 5,222 toeskouers bygewoon.

Verwysings

Eksterne skakels AFL South Africa (in Engels)

Kategorie:Sport in Suid-Afrika