Waterloo is 'n stad in die Kanadese provinsie Ontario. Dit is een van drie stede in die Streeksmunisipaliteit Waterloo (voorheen Waterloo County). Waterloo is ongeveer 94 kilometer suidwes van Toronto geleë. As gevolg van die nabyheid van die stad Kitchener aan Waterloo, word daar dikwels na die twee saam verwys as "Kitchener–Waterloo" of die "Tweelingstede".

Terwyl verskeie onsuksesvolle pogings aangewend is om die munisipaliteite Kitchener en Waterloo te kombineer, was daar na die stigting van die Streek Waterloo in 1973 minder motivering om dit te doen, en gevolglik het Waterloo 'n onafhanklike stad gebly. Ten tyde van die 2021-sensus was die bevolking van Waterloo 121 436.

Geskiedenis Volgens die stad het inheemse mense eeue gelede in hierdie gebied gewoon, insluitend die Irokoois, Anisjinabe en die Neutrale Nasie.

Die Haldimand-proklamasie was 'n grondtoekenning aan die Irokoois om te kompenseer vir hulle oorlogtydse alliansie met die Britte gedurende die Amerikaanse Revolusie. Blok Nommer 2 is deur Richard Beasley by Joseph Brant gekoop (namens die Sesnasies in 1796) met 'n verband wat deur die Sesnasies gehou is. Blok 2, 94 012 hektaar groot, was in die Gore-distrik geleë. Om sy verbandverpligtinge na te kom, moes Beasley noodgedronge dele van die grondgebied aan die setlaars verkoop. Hierdie stap was teen die oorspronklike verbandooreenkoms, maar daaropvolgende veranderings is aan die ooreenkoms gemaak om grondverkope toe te laat.

Mennoniete van die Pennsilvanië-graafskappe Lancaster en Montgomery was die eerste golf immigrante in die gebied. In die jaar 1800 alleen het Beasley meer as 14 000 hektaar aan Mennonitiese setlaars verkoop. duimnael|links|Kingstraat-Suid in Uptown Waterloo. Geografie Waterloo se middestad is naby die kruising van King- en Erbstraat. Sedert 1961 is die middelpunt die Waterloo Town Square-winkelsentrum, wat in 2006 'n deeglike opknapping ondergaan het. Baie van die winkelsentrum is afgebreek en is vervang deur geboue wat klem lê op winkelfronte wat straat toe front.

Inwoners verwys na die Waterloo-stadsentrum as "uptown", terwyl "downtown" gereserveer is vir die Kitchener-stadsentrum, aangesien Kitchener die dominante sentrum was, en Waterloo 'n klein dorpie aan die Kitchener se noordekant was. Waterloo het laat in die 20ste eeu 'n belangrike stad geword, grootliks as gevolg van sy rol as 'n universiteitstad.

Dit het ook voordeel getrek uit die groei van versekeringsmaatskappye. Waterloo het floreer weens die verhouding tussen die Tegniese Sektor, wat geblom het, en die Universiteit van Waterloo wie se tegnologie-graduandi uitgeblink het. Die maatskappy Blackberry, voorheen Research In Motion, is 'n goeie voorbeeld hiervan.

Waterweë Die Grand River vloei suidwaarts langs die stad se oostekant. Sy belangrikste sytak binne die stad is Laurel Creek, waarvan die bron net wes van die stadsgrense lê en sy mond net na die ooste, en baie van die stad se sentrale gebiede deurkruis, insluitend die Universiteit van Waterloo-gronde en Waterloo Park; dit vloei onder die bodorp in 'n leivoor in. In die stad se westelike punt voorsien die Waterloo-morene meer as 300 000 mense in die streek van drinkwater. Baie van die sag-heuwelagtige Waterloo-morene lê onder bestaande ontwikkelde gebiede. Deurlopende stedelike groei, meestal lae-digtheid residensiële voorstede (soos versoek deur grondontwikkelaars), sal toenemende hoeveelhede van die oorblywende onontwikkelde gedeeltes van die Waterloo-morene dek.

Klimaat Waterloo het 'n vogtige kontinentale klimaat van die warm somersubtipe (Dfb onder die Köppen-klimaatklassifikasie); daar is groot seisoenale verskille is, met warm, vogtige somers en koue winters. In vergelyking met ander dele van Kanada, het Waterloo redelik matige weer. Waterloo het ongeveer 140 rypvrye dae per jaar.

Demografie In die 2021-bevolkingsensus wat deur Statistics Canada uitgevoer is, het Waterloo 'n bevolking van 121 436 gehad wat in 47 040 van sy 52 049 totale private wonings gewoon het, 'n verandering van 15,7% oor sy 2016-bevolking van 104 986. Met 'n grondoppervlak van 64 vk. km, het dit 'n bevolkingsdigtheid van 1 896/km in 2021 gehad.

Die mees algemene etniese oorsprong in Waterloo volgens die 2016-sensus is Duits (23,3%), Engels (23,1%), Kanadese (21,2%), Skots (18,3%), Iers (17,4%), Chinees (9,9%), Frans (8,4%), Nederlands (5,0%), Pools (5,0%) en Oos-Indies (4,7%).

Volgens die 2011-sensus identifiseer 63,6% van die bevolking hulle as Christene. Ander is Moslem (4,5%), Hindoe (1,8%), Boeddhiste (0,9%), Sikh (0,8%) en Joods (0,6%). 27,3% van die bevolking toon geen godsdienstige affiliasie nie.

Ekonomie thumb|right|upright|Die Sun Life Financial is tans die hoogste gebou in Waterloo. thumb|right|upright|Die Marsland Centre in Uptown Waterloo thumb|right|Sig vanuit die parkade in Uptown Waterloo Waterloo het 'n sterk kennis- en diensgebaseerde ekonomie met beduidende versekerings- en hoëtegnologie-sektore sowel as twee universiteite. Die stad se grootste werkgewers is Sun Life Financial, die Universiteit van Waterloo, Manulife Financial, BlackBerry, Sandvine en Wilfrid Laurier Universiteit.

Die stad is ook die tuiste van drie bekende dinkskrums – die Perimeter Instituut vir Teoretiese Fisika, 'n gevorderde sentrum vir die studie van grondliggende, teoretiese fisika en bekroonde opvoedkundige uitreik in wetenskap; die Institute for Quantum Computing, gebaseer aan die Universiteit van Waterloo, wat innoverende navorsing in rekenaarwetenskap, ingenieurswese, wiskundige en fisiese wetenskappe doen; en die Sentrum vir Internasionale Bestuursinnovasie, 'n onafhanklike, onpartydige dinkskrum wat internasionale bestuursuitdagings aanspreek.

Die stad is deel van Kanada se Tegnologiedriehoek, 'n gesamentlike ekonomiese ontwikkelingsinisiatief van Waterloo, Kitchener, Cambridge en die Waterloo- streek wat die streek internasionaal bemark. Ten spyte van sy naam, fokus CTT nie uitsluitlik op die bevordering van tegnologie-industrieë nie, maar op alle aspekte van ekonomiese ontwikkeling.

Waterloo het 'n sterk tegnologiesektor met honderde hoëtegnologie-firmas. Die oorheersende tegnologiemaatskappy in die stad is BlackBerry Limited, destyds vervaardigers van BlackBerry-selfone, wat sy hoofkwartier in die stad het en verskeie kantoorgeboue naby die Universiteit van Waterloo se hoofkampus besit.

Die stad moedig plekverfilming van flieks en TV-reekse aan en baie het voordeel getrek uit Waterloo-lokasies. Onlangse titels sluit in Downsizing (vrygestel in 2017), The Demolisher (2015) en Degrassi: The Next Generation (2015).

Grootste werkgewers Die grootste werkgewers in die stad Waterloo is:

BlackBerry Limited (4 500 werknemers wêreldwyd) Manulife Financial (3 800 werknemers) Universiteit van Waterloo (3 726 werknemers) Sun Life Financial (3 300 werknemers) Google (1 000 werknemers in Waterloo-streek, met 114 096 werknemers wêreldwyd) OpenText (1 500 werknemers) Wilfrid Laurier Universiteit (1 047 werknemers)

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kanada Kategorie:Toronto