Die Tierbergpas in die Bokkeveldberge in die Wes-Kaap is een van die steilste bergpasse in die land.
Hierdie kort pas is nagenoeg by die koördinate , tussen rooibosteeplase, net suidoos van die Koebeepas en ‘n 30km oos van Vanrhynsdorp.
Die pas bereik ‘n hoogte van 794 m bo seespieël en ‘n maksimum hellling van 1:2,7. Dus styg dit een meter oor elke 2,7 meter pad en is daarom slegs geskik as ‘n roete vir viertrekvoertuie en voetslaners.
Lees ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika
Bibliografie capemountainpasses,co.za Tierbergpas op mountianpassessouthafrica.co.za sa-venues.com Slingsby: Cederberg -The touring map. www.slingsbymaps.com, 2022,
Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap