Aslaug (Oudnoors: Áslaug), ook genoem Aslög, Kráka of Kraba, is 'n figuur in die Noorse mitologie wat in die Prosaïese Edda van die 13de eeu genoem word. In die saga of Ragnar Lodbrok is sy een van sy vroue.
Legende thumb|180px|Heimer en Aslaug, deur August Malmström (1856). Volgens die 13de-eeuse Verhaal van Ragnar Lodbrok is Aslaug die dogter van die legendariese held Sigurd en sy vrou, Brynhildr, maar is sy deur deur Brynhildr se voog, Heimer, grootgemaak.
Aslaug en Heimer het na Noorweë gereis, waar Heimer vermoor is. Sy is daarna deur die boere Áke en Grima grootgemaak. Hulle het haar Kráka ("Kraai") genoem.
Eendag, terwyl sy gebad het, is sy deur Ragnar se manne ontdek. Hulle het hom van haar vertel en Ragnar het haar na hom laat kom. Om haar wysheid te toets het hy haar egter opdrag gegee om nie nakend of geklee te kom nie, nie honger of vol nie, en nie alleen of in 'n geselskap nie. Kráka het by hom aangekom geklee in 'n net terwyl sy aan 'n ui gebyt het en deur 'n hond vergesel is. Ragnar was beïndruk deur haar wysheid en het haar gevra om met hom te trou.
In die romantiese gedig "The Fostering of Aslaug" deur William Morris word van Aslaug se verhouding met Ragnar vertel, geskoei op die weergawe van die verhaal in Benjamin Thorpe se Northern Mythology (1851).
Aslaug is 'n hoofkarakter in die televisiereeks Vikings, waarin sy deur Alyssa Sutherland vertolk word. Haar rol is losweg op die legende gegrond.
Verwysings
Bronne
Skakels
Kategorie:Noorse mitologie Kategorie:Ragnar Lodbrok