Euryops dentatus is 'n struik wat tot die Asteraceae familie hoort. Die spesie is endemies in die Oos-Kaap en die Wes-Kaap. Die plant kom grotendeels in die Oos-Kaap op hoë berge soos die Sneeuberge, Koudeveld- en Kamdeboo-berge voor. Daar is drie subpopulasies en die plant het 'n voorkomsgebied van 7114 km². Die plant het tans geen bedreigings nie.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Euryops Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika