Oklahoma ( State of Oklahoma) is 'n deelstaat in die sentrale suide van die Verenigde State van Amerika met 'n bevolking van vier miljoen en 'n oppervlakte van 181 196 vierkante kilometer. Die hoofstad en grootste stad is Oklahoma City. Oklahoma is die 46ste staat wat tot die Unie toegelaat is. Dit word in die noorde deur Colorado en Kansas, in die ooste deur Missouri en Arkansas, in die suide deur Texas, en in die weste deur Nieu-Meksiko begrens.

Oklahoma se bynaam is The Sooner State. Die woord Oklahoma kom van die Choctaw-woorde 'okla' en 'humma', wat "land van die rooiman" beteken.

Bekende persoonlikhede wat in Oklahoma gebore is Garth Brooks, countrysanger Blake Edwards, rolprentregisseur James Garner, akteur Woody Guthrie, folksanger, liedjieskrywer Van Heflin, akteur Jennifer Jones, aktrise Phillip ”Dr Phil” McGraw, psigoloog en TV-persoonlikheid Orville Moody, gholfspeler Patti Page, sangeres Brad Pitt, akteur Tony Randall, akteur Kahlén Rondot, model John Michael Talbot kitaarspeler en sanger Jim Thorpe, atleet Carrie Underwood, countrysangeres Bill Hader, akteur

Eksterne skakels Toerisme

Travel Oklahoma Geskiedenis

Oklahoma Historical Society