Die prys is in 1998 deur die Akademieraad ingestel en bestaan uit 'n geldprys en 'n oorkonde. Dit word toegeken vir voortreflike bydraes tot 'n vertakking of vertakkings van farmakologie en geneesmiddelontwikkeling. Die prys word bekostig uit 'n skenking van R100 000 deur die Hoechst-Marion-Roussel- en FARMOVS-Kontraknavorsingsorganisasies. Die geld word deur die Akademie in trust gehou. Die prys kan slegs een keer aan 'n ontvanger toegeken word.

Lys van wenners 1995 – prof. D.W. Oliver 1996 – prof. P. van der Bijl 2003 – prof. M. Haus 2005 – prof. C.J. van der Schyf 2006 – prof. P.J. Milne 2007 – prof. F.O. Müller 2008 – mnr. S.B. Saad 2009 – prof. T.G. Dekker 2012 – prof. B.H. Harvey

Bron Die artikel is aanvanklik verwerk vanaf Akademiepryse 1909-

Kategorie:SA Akademie vir Wetenskap en Kuns