Die medalje kan jaarliks toegeken word aan enige bioloog in suidelike Afrika wat uitmuntend in sy werksveld presteer het. Wetenskaplike werk van meer toegepaste aard en van voortreflike gehalte wat die status van die biologiese wetenskappe bevorder het deur byvoorbeeld uitmuntende navorsing, onderwys of bestuursleiding, kom hiervoor in aanmerking. Dit kan óf vir 'n enkele uitstaande bydrae óf vir 'n voortgesette bydrae oor 'n lang tydperk op die gebied van die omgewingsbiologie toegeken word.

Lys van wenners 1992 – dr. U. de V. Pienaar 1993 – prof. H.J. Schoonbee 1994 – dr. S. Neser 1995 – prof. M.J. Wingfield 1996 – dr. Douglas Hey 1997 – dr. S.S. du Plessis 2000 – prof. J. du P. Bothma 2001 – mnr. W. Labuschagne 2002 – prof. B.J. Huntley 2003 – mnr. E.J. van Jaarsveld 2005 – dr. A.J. Hall-Martin 2007 – prof. M.J. Samways 2008 – prof. W.J. van Aardt 2009 – prof. G.H.J. Krüger 2010 – dr. D.E. van Dijk

Kategorie:SA Akademie vir Wetenskap en Kuns