Hierdie prys is in 1961 ingestel en is genoem na dr. F.J. du Toit (1897-1961), nywerheidsleier en Akademielid. Voorheen was dit 'n geldprys, geskenk deur Shell (S.A.). Sedert 1969 is dit 'n 9 karaat goue medalje met die beeltenis van dr. Du Toit daarop en word bekostig uit Akademiefondse. Die volgende oorwegings geld by die keuse van 'n kandidaat: sy/haar skeppende bydrae tot die Suid-Afrikaanse bedryfslewe; sy/haar volgehoue uitbouing oor 'n lang tydperk van die terreine waarop die persoon homself of haarself begewe het; en sy/haar leiding op bepaalde terreine en die besieling wat daar van die persoon uitgegaan het om dié gebiede verder te ontwikkel.
Die prys word beskou as 'n kroon op 'n lewenstaak en kan slegs een maal aan 'n persoon toegeken word. Vanaf 1975 is die prys elke drie jaar beskikbaar gestel en vanaf 1986 elke jaar.
Lys van wenners
1961 – dr. M.S. Louw 1962 – prof. C.G.W. Schumann 1963 – dr. F.J. de Villiers 1964 – dr. H.J. van Eck 1965 – dr. M.H. de Kock, dr. A.E. Rupert 1966 – dr. F. Meyer 1968 – dr. C.R. Louw 1969 – dr. A.J.J. Wessels 1970 – dr. J.A. Hurter 1971 – dr. A.D. Wassenaar 1972 – prof. S.P. du T. Viljoen 1973 – dr. W.B. Coetzer 1975 – dr. F.J.C. Cronjé 1978 – mnr. Jan van der Horst 1981 – mnr. C.H.J. van Aswegen 1984 – dr. André du Toit 1986 – dr. D.P. de Villiers 1987 – dr. W.J. de Villiers 1988 – dr. C.J.F. Human 1989 – mnr. M.T. de Waal 1990 – dr. Fred du Plessis, dr. Gerhard de Kock (postuum) 1991 – dr. T.F. Muller 1992 – dr. Etienne Rousseau 1993 – dr. J.A. Stegmann 1994 – dr. A.J. van den Berg 1995 – dr. S.M. Motsuenyane 1996 – dr. C.L. Stals 1997 – mnr. Brian P. Gilbertson 1998 – dr. Christo H. Wiese 1999 – dr. J.H. Visser 2000 – mnr. Marinus H. Daling 2001 – mnr. P.V. Cox 2002 – mnr. G.T. Ferreira 2003 – mnr. Johann Rupert 2004 – mnr. D.L. Keys 2005 – dr. M.N. Hermann 2006 – mnr. Ton Vosloo 2007 – dr. E. de la H. Hertzog 2008 – mnr. J.F. Mouton 2010 – mnr. L.L. Dippenaar 2013 – dr. Koos Bekker
Bron Die artikel is aanvanklik verwerk vanaf Akademiepryse 1909-
Kategorie:SA Akademie vir Wetenskap en Kuns