Euryops namibensis is 'n struik wat in die Noord-Kaap en Namibië aangetref word. Die spesie kom in die Richtersveld en die suide van Namibië voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van slegs 247 km² in Suid-Afrika en word bedreig deur oorbeweiding in die Richtersveld. Die plant word nie in Namibië bedreig nie.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Euryops Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika