Euryops marlothii is 'n struik wat tot die Asteraceae familie hoort. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en kom in die Roggeveldberge en die Hantamberg voor. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 500 km² en daar is ses subpopulasies. Die struik groei op hellings waar dit nie sommer deur landbou aktiwiteite bedreig kan word nie.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Euryops Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika